Sponsored Content
GEORGE SAKENUUS - Indien jy nou nog nie jou toegangskaartjies vir George-landbouskou gekry het nie, moenie wag nie. Kry dit nou by Computicket! Vir die laatslapers sal daar twee Computicket-kiosks op die terrein wees.
Vir al die vermaak wat ingesluit is in jou toegangsfooi, is die landbouskou die plek om te wees vanaf 29 Augustus tot 31 Augustus.
Die lang wag vir George-landbouskou 2019 is verby, die hekke open op Donderdag 29 Augustus om 08:00 en dan wil ons elke besoeker tuis en veilig laat voel.
Aan die begin van die jaar het Corné Botha, president van die George-landbouskou, die skou bekendgestel en gesê die tema is "Groei". Nou nooi ons elkeen uit om die groei eerstehands te kom ervaar.
En wat is 'n landbouskou sonder borge?
Botha wil namens die raad elke borg hartlik bedank, klein of groot, elke borg maak 'n verskil.
Ons hoop en glo dat u borgskap vir u as besigheid die beste waarde vir geld gaan bied. Dit sou nie moontlik wees om alles so suksesvol aan te bied sonder u bydrae nie.
Aanbevelings en voorstelle van u kant af om die skou te verbeter, is altyd baie welkom.
Rig u skrywes aan die skouraad by info@georgelanbouskou.co.za
Weereens baie dankie!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'