Charles Hulme het die leiding geneem en as begin van die projek vyf huise in Georgeweg, Blanco geïdentifiseer om geverf te word en ook die tuine te verfraai. "Die huise het baie swak vertoon en is geleë langs die hoofroete tussen Blanco en die lughawe," het hy gesê.
Hulme het dit goed gedink om politici uit te nooi om in te koop in die projek. Die George Onafhanklike Belastingbetalersforum (GOBF)
se kandidaat vir Woensdag 7 September se Blanco-tussenverkiesing, Koeloe Koen het 'n finansiële bydrae tot die projek gemaak, met CG Verwe en Paintwell wat verf geskenk het. Hulme en sy werkgewer, Hüster Machinetool (Pty) Ltd, het gesorg dat al die bybehore soos 'n leer, kwaste, toue, nog verf en kontant beskikbaar gestel word om die verfraaiingsprojek 'n suksesstorie te maak.
Saterdag 27 Julie is die wiele aan die rol gesit en die eerste huise se dakke is geverf, bome is gesnoei en tuine verfraai. "Vanuit alle gemeenskappe in Blanco het mense hande gevat en gehelp. Daar het 'n gees van afwagting, opgewondenheid en diepe dankbaarheid geheers," het Hulme trots vertel.
Hulme en Koen, wat self ook ingeklim en geverf het beplan om nog talle ander soortgelyke projekte in Blanco aan te pak.
Een van die huise langs Georgeweg, Blanco voor dit verfraai is.
En kyk nou net hoe lyk die huis nou.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'