Die ongeluk het so 3km buite Stilbaai gebeur.
Lede van die plaaslike NSRI, stasie 31, was vinnig op die toneel en het kort na die ongeluk probeer om Vermeulen uit die rivier te duik. Die voertuig was ongeveer 2 meter onder die water, maar was Vermeulen se liggaam nie in die voertuig nie.
Metro nooddienste het die banke van die rivier gefynkam indien sy moontlik uitgeslinger is tydens die ongeluk, maar is niks gevind nie.
‘n Polisie duikspan is ingeroep om Vermeulen se lyk uit die rivier te haal.
Sy is op die toneel dood verklaar deur paramedici van Metro nooddienste.
Inligting verskaf deur die Suid-Kaap Forum, susterkoerant van die George Herald.
Lees Donderdag se Suid-Kaap Forum vir die volledige artikel.