GEORGE NUUS - Laerskool Blanco se geel bome jubel 'n boodskap na George uit: Daar is hoop in alle omstandighede, want daar is Jesus Christus, die bron van al ons hoop.
"Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" Romeine 15:13
'n Paar mense in die gemeenskap van Lichtenburg in Noordwes het besluit om bome met geel lap te versier.
Geel verteenwoordig hoop.
Laerskool Blanco wil graag deel in hierdie inisiatief met geel bome, bome wat die boodskap van hoop vir die dorp, die land en die wêreld uitdra.
Daar is hoop vir elkeen wat op God vertrou, hoe swaar dit ook al mag gaan.
Die lente is uiteindelik hier en daarmee saam ook die wete dat die jaar einde se kant toe staan. Daarom het Laerskool Blanco se gr. 7-leiers dit goed gedink om nie net die skool se bome met geel lappe te versier nie, maar ook die stokkie van hoop aan te gee vir die gr. R'e.
Mag elkeen in hierdie nuwe seisoen die ware hoop ervaar.
Preprimêre leerders (gr. RR en R).
Van links is Anika steenkamp (gr. RR), Jenay Zwedala (gr. R), Grace-Lynn October (gr. R), Mareli Gerber (gr. RR), Rickus Venter (gr. R) en Bodine Coertzen (gr. RR).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'