Update
GEORGE NUUS - Die verdagte wat Saterdag in hegtenis geneem is ná hy 'n munisipale werker op die hoek van Meade- en Hiberniastraat doodgesteek het, het Maandag 4 Februarie in die George-landdroshof verskyn.
Die verdagte, Leon Claassen (34) was glo onder korrektiewe toesig vir 'n vorige saak van poging tot moord tentyde van die moord.
Claassen en die oorledene, 'n aanddiens werker van die Uitgebreide Openbare Werke Program (EPWP), het na bewering in 'n stryery betrokke geraak waarna hy die oorledene met 'n okapi-mes gesteek het. Paramedici van Metro-ambulansdienste het die slagoffer op die toneel dood verklaar. Teen druktyd kon sy identiteit nog nie bekendgemaak word nie, omdat hy nog amptelik uitgeken moes word.
Claassen is in aanhouding en verskyn weer op 30 Augustus in die hof.
George-munisipale kommunikasiebeampte, Debra Sauer, het bevestig dat die oorledene 'n EPWP-werker in diens van die George-munisipaliteit was.
"Die munisipale bestuurder, Trevor Botha, stuur sy opregte meegevoel aan die oorledene se familie, vriende en kollegas wat deur die verskriklike voorval geraak word. Hy bedank ook die munisipale amptenare wat die gesin in hierdie moeilike tyd bystaan."
The suspect who was arrested on Saturday after a man was stabbed to death on the corner of Meade and Hibernia streets, appeared in the George Magistrate's Court on Monday 4 February. The accused, Leon Claassen (34) and the deceased, an employee of the George Municipality's Expanded Public Works Program (EPWP), allegedly had a fight, after which Claassen stabbed the deceased with an okapi knife. The victim was declared dead on the scene by paramedics of Metro ambulance services. Claassen will appear in court again on August 30.
Lees 'n vorige artikel hier: Man stabbed to death in CBD
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'