GEORGE NUUS - Stel jou voor: Jy is sak en pak gereed om 'n nuwe lewe in 'n vreemde land te begin. Op die lughawe staan jy tou sodat jy binne 'n paar uur per vliegtuig kan vertrek. Dit kan egter nie gebeur nie, want die wêreldwye krisis met Covid-19 kring uit.
Ontmoet die Richters, oorspronklik van Kempton Park in Gauteng, wat nou tydelik in George in die Suid-Kaap woon.
Johannes en Wilmien Richter en hul klein seuntjie, Markus, sou op 19 Maart permanent na Nieu-Seeland verhuis om daar 'n nuwe lewe te begin. Wilmien is 'n arbeidsterapeut en sy het 'n permanente pos daar gekry.
Die verwikkelinge met Covid-19 het egter 'n stokkie daarvoor gesteek en nou woon hulle tydelik onbepaald in George. Die egpaar het reeds in Februarie besluit om te verhuis nadat Wilmien 'n baie goeie werksaanbod gekry het. Hulle het met die nodige reëlings begin soos onder meer om 'n huurkontrak op te gee, werk te bedank en hul besittings/meubels te verskeep.
Oorspronklik sou hulle eers in April gegaan het, maar het besluit om dit te vervroeg as gevolg van die Covid-9 situasie. Intussen is afskeid geneem van familie en vriende.
Op die oggend van 19 April, 'n paar uur voor hul vertrek, het 'n familielid in Nieu-Seeland laat weet dat die land se grense binne ses ure gesluit gaan word. Blykbaar sou mense wat reeds op pad was toegelaat word om die land binne te gaan. Wilmien het toe 'n brief van haar nuwe werkgewer gekry. Haar ouers het hulle later na die Oliver Tambo-lughawe geneem vanwaar hulle na Sydney sou vlieg en vandaar 'n aansluitingsvlug na Auckland haal. By die doeane-afdeling is navraag in Nieu-Seeland gedoen en hulle kon nie vertrek nie.
Johannes het vertel dat hulle toe saam met sy skoonouers terug huis toe is. Gelukkig was daar 'n bed in die huis en die bure het kampstoele vir hulle geleen.
Volgens Wilmien het haar ouers voortgegaan met planne om vakansie te kom hou in Plettenbergbaai. Die Richters het besluit om van Maandag 23 Maart by hulle aan te sluit. Die persoon aan wie hulle hul motor verkoop het, het dit weer aan hul beskikbaar gestel.
Dit het intussen duidelik geword dat inperkingstappe kom en Wilmien se ouers het teruggekeer Gauteng toe. Die Richters was egter reeds op pad. In George het hulle eers by Johannes se suster, dr. Christa Richter vir ' n "vinnige koppie koffie" gestop en om 'n bietjie te rus. Hulle het toe besluit om tydelik in George te bly en te kyk wat gebeur.
Volgens hulle is dit tye van groot onsekerheid en spanning, maar hulle is positief. "Ons geloof in die Here dra ons," het hulle vertel.
Hulle glo dat hulle uiteindelik wel in Nieu-Seeland sal uitkom. Die afgelope paar dae (week van 7 Mei) was daar 'n stukkie ironie. Hul besittings/meubels het in Nieu-Seeland aangekom en hulle sit hier.
Onder omstandighede gaan dit goed met hulle en hulle beskou hulself as gelukkig om in so mooi omgewing die tyd te kan uitwag. "Ons besef dat daar ander mense is wat soortgelyke omstandighede het of selfs slegter situasies het," het hulle bygevoeg.
IN SHORT:
A family from Kempton Park in Gauteng who were going to emigrate to New Zealand have temporarily "settled" in George after they were prevented from flying to New Zealand by the country's Covid-19 regulations. Johannes and Wilmien Richter and their small son, Markus, were already at the airport when they learnt about the ban. The Richters were then going to join Wilmien's parents holidaying in Plettenberg Bay, but during a stop in George for "a quick coffee" with Johannes' sister, Dr Christa Richter, they decided to stay here until they are allowed to join their possessions, that had in the meantime arrived in New Zealand.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'