GEORGE NUUS - Die DivorceCare is 'n weeklikse seminaar / ondersteuningsgroep wat help om die emosionele trauma wat veroorsaak word deur egskeiding of vervreemding aan te spreek. Dit word weer vanaf Dinsdag 7 Maart in George aangebied.
"DivorceCare is 'n veilige, omgee-omgewing wat aangebied word deur fasiliteerders wat verstaan waardeur geskeide persone gaan," sê Marianne Schwartz, 'n fasiliteerder.
Die kursus begin op 7 Maart met 'n inligtings- en registrasieaand van 18:30 tot 20:30. Die registrasiefooi is R280, wat die DivorceCare-werkboek insluit. Persone wat deur 'n egskeiding gaan, vervreemd is of in 'n gebroke verhouding is, word genooi om hierdie kursus by te woon.
Die kursus behandel 13 onderwerpe wat onder meer insluit hoe om woede, eensaamheid, hartseer en depressie, finansiële en regskwessies, en konflik te hanteer. "DivorceCare sal u lewe verander en u die nodige instrumente gee om weer hoop te kan ontdek en genesing te ervaar," sê Schwartz.
Vir meer inligting en om te registreer, kontak Marianne by 072 923 3383 of die Soteria-gemeente by 044 874 1842.
Aanlynbesprekings kan gedoen word by www.divorce.org onder 'Soek 'n groep'. Beperkte plekke is beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'