GEORGE NUUS - "Die George-munisipaliteit het as administrateur van die publieke fasiliteite van die strand besluit om die gedenkplaatjies wat by die ingang tot die strand gelaat is, na die munisipale kantore te bring aangesien die strand meer besoekers kry noudat dit somer word en om moontlike diefstal of vandalisme te vermy - as 'n teken van respek vir die afgestorwe persone en hul geliefdes."
Só het die munisipaliteit gereageer oor sy motivering om gedenkplaatjies wat op die "grond gelê" het by die ingang van Victoriabaai te verwyder. Dit is na die munisipale kantore by Meadestraat 82 geneem waar familielede tot 7 Desember tyd het om dit af te haal.
Die wat teen daardie tyd nog nie afgehaal is nie, of nie vooraf reëlings getref het nie, sal in 'n houtkis in die George-begraafplaas begrawe word.
Die munisipaliteit se direkteur gemeenskapsdienste, Walter Hendricks, het by navraag "weer" bevestig dat die verwydering van gedenkplaatjies en kissies by Victoriabaai onder die grondeienaar, Garden Route-distriksmunisipaliteit, val en dat die George-munisipaliteit nie kommentaar sal lewer rondom die verwante prosedures en omstandighede nie.
Die munisipaliteit beskou die saak as privaat en gaan ook nie in die media kommentaar lewer oor publieke navrae rondom die opeising van gedenktekens nie.
Van die gedenkplaatjies en steentjies wat nou tot 7 Desember by die George-munisipaliteit gehou word.
Die hele aangeleent-heid het onlangs weer in die kollig beland nadat 'n leser, wat verkies dat haar nie naam nie gepubliseer word nie, in 'n e-pos aan George Herald geskryf het oor die aangeleentheid. Sy het Victoriabaai besoek en was met skok en afgryse vervul toe sy sien hoe daar etlike kissies met oorskot van mense, asook steentjies met geliefdes se name, in 'n krat by die parkeerarea, "weggegooi" is.
Die gebeure het daarna intussen 'n ander kinkel in die kabel gekry. Tydens 'n besoek van George Herald op Saterdag 31 Oktober en Sondag 1 November aan Victoriabaai het die krat spoorloos verdwyn.
Die deel by die parkeerterrein in Victoriabaai waar die krat met kissies en gedenkstene tot onlangs gestaan het. Dit het intussen spoorloos verdwyn. Die foto is Sondag 1 November geneem. Foto: Eugene Gunning
André Groenewald, 'n inwoner, wat hom beywer het dat die kissies en as by hul geliefdes uitkom, het Dinsdag gesê hy het ook gewonder wat van die krat geword het.
"Wat nou gebeur is ironies en te laat." Hy het bygevoeg: "Dit is darem beter as dat dit in 'n krat op die sypaadjie staan. Ek het waardering dat die George-munisipaliteit betrokke geraak het in hierdie sage."
The remaining plagues that was removed at Victoria Bay earlier this year are being stored at the George Municipal Community Services Offices at 82 Meade Street. Family members are kindly requested to collect the items within the next 30 days, with the deadline for collection being 7 December. Should the items not be collected they will collectively be placed into a wooden chest and buried in the George Cemetery.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'