GEORGE NUUS - Die plaaslike digter Riana Crafford stel binnekort haar debuutbundel, Vryvlug, bekend. Crafford se werk is ook beskikbaar in sewe bloemlesings wat in die jaar uitgegee is.
Die geleentheid, Tashia sing Crafford - Vers en Klank, vind by Twin Trees Waffle House in Groot-Brakrivier plaas, op Vrydag 25 November (19:00).
Enigeen is welkom om hierdie besondere bekendstelling by te woon. Crafford se gedigte gaan nie alleen voorgelees word nie, maar vier uit haar pennevrug word voorgesing.
Van Crafford se gedigte is getoonset deur die sangeres Tashia Olivier en Thea Oosthuizen, 'n pianis en komponis van Pretoria.
Tashia gaan by die geleentheid optree en dié gedigte as liedere sing. Ander word deur 'n indrukwekkende klomp voorlesers vertolk, onder meer Magaret Bennett, 'n dramaturg en omroeper by die Namibiese radiostasie EcoHealth en Woordvlegsels.
Bennett het al by vorige geleenthede van Crafford se gedigte uitgesaai. Ander voorlesers sluit in Jan Greyling van Caledon FM, Thea Oosthuizen, Gerhard Struckmann ('n pastoor) en Jaco Olivier (3D grafiese kunstenaar van George). Crafford sluit self af met die voorlesing van een van haar gedigte, Toe kom die reën.
Tashia Olivier
Die digter Philip Nel (hoof van die Facebook-blad Dansende Digters) is 'n spreker by die geleentheid en Gideon le Grange, 'n radio-omroeper van SFM, is die seremoniemeester van die aand.
Le Grange lees Crafford se gedigte vir die afgelope vyf maande vir luisteraars voor en gaan ook 'n onderhoud aan die einde van die geleentheid met Crafford voer. Bundelondertekening sal na die geleentheid geskied.
Vir navrae kontak Crafford by 074 584 2626 of Laurette by 082 820 1925.
Twee gedigte van Riana Crafford wat deur 'n Namibiese radiostasie uitgesaai is:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'