Gallery
GEORGE NUUS - Die ganse land was genooi om Saterdag 4 April hul braaivleisvure aan te steek in 'n poging om Suid-Afrikaners saam te laat kuier en as 'n nasie te verenig tydens die onsekere tyd waarin ons onsself bevind.
Georgiete het nie teruggestaan nie en die foto's het ingestroom ná 'n Facebook-plasing waarin George Herald vir foto's van die braaiery gevra het.
Vleis, vis, braaibroodjies en selfs pizza was op die kole gesit.
Dankie George!
Fotogalery: Braai, Suid-Afrika!
Peter Greyling, Amanda Greyling, Zyler Hanreck, Chantell Hanreck and Hilton Hanreck wishes everyone well during the lockdown.
Andrew en Diane Fisher van George-Suid het saam met die res van George en Suid-Afrika gebraai.
Die Pretorius-gesin kon eers Saterdagaand hul braaivleisvuur aansteek na pa Charl van die werk af teruggekeer het. Van links is Chereze, Charl, Reinhardt en Chanelle. Sascha die pitboel is op Donderdag 26 Maart deur die gesin by die Tuinroete DBV aangeneem kort voor die inperking begin het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'