Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Daar is polisieversterkings by George High nadat 'n groot groep leerders in die straat oorkant die skool oproerig begin raak het. Die ongelukkigheid hou verband met die afdanking van 'n geliefde personeellid, Mary-Anne Petersen.
Volgens Petersen was sy nege jaar by die skool betrokke as sekuriteitslid en berader, en het sy ingestaan as 'n hulp vir verskeie aktiwiteite by die skool.
"Ek het twee briewe van die skool ontvang, maar ek het nie drie maande kennis gekry nie. Hulle kan my en 'n paar ander personeellede nie meer bekostig nie, omdat die kinders se ouers nie almal hul skoolgeld betaal nie.
Die hoof, mnr. Cupido, het bevestig dat die situasie by die kringbestuurder aangemeld is. Hy wou nie verdere kommentaar lewer nie.
Leerders wat binne die skoolterrein is word deur bekommerde personeel aangeraai om na hul klasse te gaan.
Die groep kinders betrokke by die betoging strek glo oor al die grade en is meer as 100 in totaal.
VIDEO: Mary-Anne Petersen met een van die briewe wat haar vra om nie terug te kom na George High nie.
Hulle soek "Ant Merry".
Laatkommers wat nie deel van die betoging is nie, moet maar buite by die skoolbus sit en wag.
VIDEO: Die polisie is op die toneel en dinge is nou rustiger
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’