GEORGE NUUS - Die Go George-busdiens sal 'n ingekorte diens verskaf op meeste van die hoofroetes, gefokus op noodsaaklike dienste-personeel. Dit sal wees van 05:00 tot 09:00 en 16:00 tot 20:00 daagliks, in lyn met die minister van vervoer se opdrag.
"Ons wil die publiek aanmoedig om tuis te bly om 'n doeltreffende uitkoms vir die nasionale inperking te verseker," sê James Robb, Go George-bestuurder.
"As hulle hul huise wil verlaat, moet hulle óf hul werkgewers so ver moontlik alternatiewe reëlings vir vervoer tref - openbare vervoer bly 'n hoë-risiko-omgewing vir die verspreiding van die Covid-19-virus. Gebruik van die busdiens moet 'n laaste uitweg wees."
Agt roetes
Twee groot busse sal geskeduleer word om elke halfuur vanaf elk van die volgende hooflynroetes se hoofterminale te vertrek, met die eerste ritte 05:00 in die oggend en 16:00 in die middag.
Die laaste busse sal uit die middedorp vertrek om 08:30 op die oggendskof, en om 19:00 in die aand.
- 1A New Dawn Park-CBD - vertrek vanaf Protea
- 1B Harmony Park-CBD - vertrek vanaf Protea
- 60A Syferfontein-Rosedale-CBD - vertrek vanaf Battalion-halte
- 2 Blanco-CBD - vertrek vanaf Blanco-driehoek
- 7 CBD-Mall - vertrek vanaf die Garden Route Mall
- 9 Industrial Loop - eerste rit vertrek 05:30 vanaf die middedorp
- 15 Parkdene-CBD - vertrek vanaf Parkdene High-halte
- 53B Rosemoor-CBD (Express) - vertrek vanaf Garden Route Mall
Beperkte kapasiteit
Om die aantal passasiers op elke bus te beperk, sal geen staande passasiers toegelaat word nie. Passasiers word versoek om een sitplek oop te hou langs hulle, en om eerder te wag vir die volgende bus wat binne 30 minute sal kom om soveel spasie as moontlik tussen passasiers te hou.
Betaalmetode
Alle slimkaartkiosks sal gesluit word. Passasiers wat kaarte het, moet hul slimkaarte gebruik. Sekere besighede wat herlaaidienste bied sal onder noodsaaklike diensverskaffers val en sal nog steeds ritte herlaai tydens die inperking.
Kontantritte op die bus sal toegelaat word, maar almal behoort die hantering van kontant te vermy, en hul hande daarna was.
Passasiersondersteuning
All Go George-inligtingskiosks sal gesluit word. Die inbelsentrum sal daagliks van 05:00 tot 20:00 operasioneel wees en kan op 0800 044 044 geskakel word. Die jongste nuus rakende dienslewering sal beskikbaar wees op die Go George Facebook-blad en die webwerf.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Verwante artikel: Longer bus hours for social grants receivers
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'