GEORGE NUUS - Georgiete is altyd verbaas om te hoor dat George spog met die tweede oudste skool in die Wes-Kaap, te wete Laerskool Blanco, wat vanjaar hulle 170ste bestaansjaar vier.
Die skool het in 1847 ontstaan as ‘n eenmanskool in ‘n ou kerksaaltjie wat aan die NG kerk van George behoort het. Die eerste leerders het bestaan uit blanke en bruin kinders.
In dieselfde jaar is ‘n sopkombuis los van die hoofgebou opgerig teen ‘n koste van R1 320 (560 pond) en dit is weer in 1975 omskep in ‘n biblioteek.
Volgens beskikbare argiewe was die skool se oorspronklike naam voor 1905 'The Newton Institute' en het die opleiding van leerlinge en studente gestrek vanaf Sub A tot Standerd 7, junior sertifikaat en selfs kwekelingonderwysers.
Laerskool Blanco het sy unieke, informele atmosfeer behou en hier kry kinders steeds kans om kaalvoet skool toe te gaan en kind te wees.
Vandag spog die skool met 387 leerlinge, 22 onderwysers en 12 ondersteuningspersoneel.
Aansoeke vir volgende jaar is baie meer as wat die skoolverlaters is, so die klein skooltjie groei.
Leerlinge en onderwysers van Laerskool Blanco in 1962.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'