GEORGE NUUS - Inwoners van Blanco het Sondagaand, 27 September behoorlik onder inbrake deurgeloop. Drie voorvalle is onder George Herald se aandag gebring.
Die eerste voorval het omstreeks 20:45 by 'n huis in die Mont Fleur-landgoed in Maitlandstraat plaasgevind toe drie gewapende mans glo toegang tot die landgoed verkry het deur die elektriese heining met hul bakkie plat te trek.
Daarna het die verdagtes toegang tot 'n huis deur 'n skuifdeur verkry waarna hulle twee dames in die woning van selfone, geld en 'n TV, beroof en gevlug het.
Volgens George-polisie se kommunikasie-beampte, kapt. Nolonwabu Tshengu, is 'n 26-jarige verdagte kort daarna in verband met dié voorval in hegtenis geneem. Die verdagte was geskeduleer om gister, Woensdag 30 September, in die George-landdroshof te verskyn. Teen druktyd was daar nog geen besonderhede rondom sy verskyning beskikbaar nie.
Later die aand is daar ook by twee voertuie, onderskeidelik in Werda- en Searlestraat, ingebreek waar onder andere motorradio's uit voertuie gesteel is.
Dit kon nog nie bevestig word of die voorvalle met mekaar verband hou nie.
A 26-year-old suspect was arrested shortly after an armed house robbery in Mont Fleur Mountain Estate, Blanco, on Sunday night, 27 September. Three men had gained access to a house through a sliding door and robbed the residents of a TV, cellphone and cash. The suspect, who was found with some of the stolen items in his possession, was scheduled to appear in the George Magistrate's Court yesterday. Two car radios were also stolen from vehicles in Blanco on the same evening.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'