Update
TUINROETE DISTRIKSNUUS - 'n Voorlopige ondersoek na vanoggend se ongeluk in die Outeniquapas het aan die lig gebring dat die trok stadig van die pad begin beweeg het en teen die rotswand tot stilstand gekom het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het ooggetuies gesien hoe die trok tot stilstand gekom het. "Skade aan die trok is minimaal. George SAPD het 'n strafbaremanslag-dossier geopen vir verdere ondersoek".
Volgens Pojie het die ongeluk omstreeks 09:00 plaasgevind en is die polisie om 09:05 gekontak waarna lede en nooddienste dadelik uitgestuur is.
Die pas was vir etlike ure gesluit en verkeersdienste het een baan later toeganklik gemaak sodat reddingswerkers en ondersoekers hul werk kon doen en omdat die trok een baan van die pad versper het.
Die drywer, 50-jarige Jurie Andonis het op die toneel beswyk.
"Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. ‘n Nadoodse ondersoek sal in die week gedoen word om die moontlike oorsaak van sy dood te bepaal. Die ondersoek duur voort."
Vorige artikel: Accident in pass, one lane open
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'