GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die onlangse verkiesing van die Greenhaven-besigheidsforum is 'n geskiedkundige en tydige gebeurtenis op Groot-Brakrivier.
Die forum se doelwit is om as 'n sambreelliggaam op beide ekonomiese en maatskaplike gebied vir besighede, kontrakteurs en entrepreneurs te dien.
Verdere oogmerke sluit in die skep van 'n besigheidskultuur binne die gemeenskap, streek en wyer tot op 'n landswye vlak, aldus die voorsitter, Barry Jacobs.
Vir meer inligting oor die forum, kontak die Barry Jacobs by 082 419 3523 of Andries Pikaan by 083 380 5292.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'