Die doel van die SOS se besoek is om aan Afrikaanse jongmense in die omgewing van Hartenbos, Oudtshoorn, George en Mosselbaai ? bekostigbare beroepsleidingdiens te verskaf ten opsigte van vakkeuses en beroepskeuses.
Die SOS bied professionele begeleiding aan elke jongmens om die nodige kennis en vaardighede te bekom, om sodoende te verseker dat hulle ? ingeligte besluit oor hul toekoms kan neem. Tersiêre opleiding is peperduur. Professionele loopbaanvoorligting maak daarom soveel sin.
Die volgende pakkette word aangebied:
Vakkeuse-pakket (gr. 7 – 9) R500
Beroepskeusepakket (gr. 10 – 12) R600
Jongmense- en werksoekerspakket (skoolverlaters) R500
Hier is die besonderhede:
Datum: 10 September 2015
Tyd: 15:30
Plek: George
Hoërskool Outeniqua