TUINROETE NUUS - Die Tuinroete/Klein-Karoo Agriwerker-kompetisie is nou sterk aan die gang en plase word besoek om onderhoude met werkers te voer as deel van die siftingsproses.
Arena Group Pumps borg vanjaar 'n bakkie vir die vervoer van die beoordelaars en die voertuig is onlangs aan die organiseerders van die kompetisie oorhandig.
"Die kompetisie gee erkenning aan landbouwerkers in die Wes-Kaap vir hulle waardevolle en belangrike bydrae tot die landbousektor," sê Christo Fourie, streekkoördineerder van die kompetisie en visepresident van George-landbouskou.
‘n Landbouwerker is enige persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer en kan deur sy/ haar werkgewer, bestuur, plaaskomitee of medewerknemers ingeskryf word vir die kompetisie.
Die 12 kategorieë waarin deelgeneem kan word, is algemene werker, drywer, administratiewe personeel, diereproduksie, tegniese operateur, besproeiingspesialis, sosiale ontwikkeling, landbou-verwerking, voorman, voorvrou, junior bestuur, en middelbestuur.
Vir meer inligting, skakel Christo Fourie by 079 285 0337.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'