GEORGE NUUS - Annika van Santen, gr. 12-leerder en hoofdogter van Hoërskool Outeniqua (Kwaggas), het haarself onderskei in die Poort-Skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Hierdie kompetisie word al sedert die sewentigerjare aangebied en het al menige bekende Afrikaanse skrywers opgelewer.
Hoërskoolleerders in Suid-Afrika en Namibië kan hulle gedigte of skryfstukke vir die poësie of prosa kategorie inskryf.
Annika het met haar gedig, Vernael, vir haar 'n derde nasionale plek in die poësie-kategorie losgeskryf. En vir dié wat dalk wonder: Vernael is 'n werkwoord wat beteken om iets onbruikbaar te maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'