TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
tsk
tsk I tw.
1 Uitroep gevorm deur die maak van ’n suigklank waarby die tong skielik v.d. harde verhemelte weggedruk word, en wat ’n negatiewe emosie te kenne gee, veral afkeuring, irritasie, minagting, geringskatting of ongeduld: “Tsk!” klap Ouma haar tong en skud haar kop meewarig … “Wys sommer jou stêre vir die hele wêreld … jô!” (Beeld, 9 Mrt. 1993, E).
2 Uitroep gevorm deur die maak van ’n suigklank waarby die tong skielik v.d. harde verhemelte weggedruk word, enigsins sagter as wanneer ’n negatiewe emosie uitgedruk word, en waarmee simpatie, deernis, teleurstelling of meelewing te kenne gegee word: Tsk. Tsk … Die arme Marthinus. Hy kan dinge nie meer handle nie (E. v. Heerden: Casspirs, 1991, 187).
II ww., ge-tsk; byv. en byw. tsk-ende, tsk-end, -, ge-tsk. ’n Geluid maak soos wanneer ’n tsk (tsk I 1 en 2) voortgebring word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’