TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
praai ww., het gepraai; byv. en byw. praaiende, praaiend. (t.o.v. kommunikasie met of tussen vaartuie) (‹Ndl. praaien) Roep of sein, gew. om te groet, jou vaartuig se naam te verskaf of die ander vaartuig te identifiseer, of om boodskappe oor te dra: 'n Skip praai. Praaiende skepe.
Toe die Schelvis tydens die omvaart óm Robbeneiland die groot Wapen van Amsterdam op 'n paar skeepslengtes passeer, het hulle boodskappe gepraai: eers met seine, en toe oor en weer geroep deur offisiere met ysterkele (J. Rabie: Eiland, 1964, 67).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’