TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
skarminkel (skar-min-kel) s.nw., skarminkels.
1 Iem. wat sonder beginsels is, en wat onbetroubaar is en soms soos ’n skurk optree: Murray en James (die fliekkarakters) het al jare nie ooghare vir mekaar nie, wat dit vir Murray maklik maak om James te probeer openbaar vir die skarminkel wat hy glo hy is (Volksbl., 2 Febr. 2007, Joernaal, 7). T. (die rapper) is in 1996 in Las Vegas dood toe hy ná 'n boksgeveg ... deur skarminkels aangekeer en geskiet is (Son, 31 Mei 2011, E).
2 (verouderd) (‹Ndl. scharminkel) Baie maer of skraal mens of dier: ''Haai, Jaap Rooidam!'' skree hy vir 'n skarminkel van 'n kêrel wat eenkant oor die toonbank druip (W.A. de Klerk in P.J. v.d. Watt: Samaria, 1950, 134). Hy is baie meer muis as man en hy is 'n bleek skarminkel wat teen geen noordewind se aanslae sal bly staan nie (E. Martin in Huisg., 28 Aug. 1959, 17).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’