TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
siebie (sie-bie)
(geselstaal) Selde ook, geselstaal, siewie.
I s.nw., siebies; siebietjie. (ook as aanspreekvorm) Hond, veral 'n kleinerige een: Ag, sê net vir die mense: met 'n siebie kry hulle nie net 'n groot bek, 'n rooi tong en sagte oë wat deur jou siel kyk nie. Hulle kry vir altyd onbeperkte liefde (Sarie, 15 Jun. 1988, 92). Die Formule-1-renjaer A.S. moes vinnig dink om dié parmantige siebie nie raak te ry nie ten tyde van 'n oefenrondte (Beeld, 26 Jun. 1990, 4 --- byskr.).
II tw. Uitroep waarmee 'n hond geroep word: Siebie! Siebie! Waar's die hone?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’