Update Video
OPVOLG: Die N12 is gedeeltelik oop, na 'n rotsstorting sowat 6 km voor Oudtshoorn aan George se kant die roete vir alle verkeer gesluit het. Motoriste is gister genoop om 'n lang ompad via Robinsonpas by Mosselbaai te ry omdat die rotse die pad blokkeer het.
Die pad is vanoggend gedeeltelik vir verkeer oopgestel, met een baan wat oop is.
Herstelwerk is onderweg en die pad sal later vandag weer gesluit word wanneer masjinerie begin om die klippe te verwyder.
Die Oudtshoorn Courant sal verdere inligting deurgee soos dit beskikbaar raak.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’