GEORGE NUUS - Borgtog van altesaam R45 000 is verlede week aan vier verdagtes van George in die Oudtshoorn-landdroshof toegestaan. Hulle word van handel in dwelms aangekla.
Castro Biko (34), Roberto Khumalo (37) en Emile Spogter (26) van Rosemoor, en Ziphozihle Dramand (35) van Thembalethu, is op 1 April in Johan Gelderbloemstraat, Smartie Town, Oudtshoorn, in hegtenis geneem met 1 943 Mandrax-tablette in hul besit.
Adv. Benito Metembo het die hof versoek om borgtog toe te staan aangesien die verdagtes oor vaste adresse beskik en nie vlugrisiko's is nie.
Biko, Khumalo en Dramand het wel vorige veroordelings, maar meer as tien jaar gelede.
Landdros Ryan van Harte het bevind dat dit wel in belang van geregtigheid is om borgtog met streng voorwaardes toe te staan.
Biko is borgtog van R20 000, Khumalo en Dramand elk R10 000 en Spogter, 'n eerste oortreder, R5 000 toegestaan.
Van die voorwaardes is dat hulle wegbly uit Oudtshoorn, drie keer per week by die polisiestasies in Conville en Thembalethu aanmeld, en nie by verdere misdaad betrokke raak nie.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 29 Mei uitgestel.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’