Advertorial
GEORGE NUUS - Danksy inisiatief geneem deur We Balance Rekenmeesters het Discovery Consulting Services George, plaaslike besighede asook 72 gholfspelers met groot vrymoedigheid deelgeneem aan 'n liefdadigheidsgeleentheid om 'n inwoner van George, Frik du Preez 'n kans te gee tot 'n nuwe lewe.
We Balance voorsien dienslewering tot rekeningkunde, belasting en advisering.
Die 41-jarige Du Preez is reeds op die ouderdom van 18 jaar met leukemie gediagnoseer. 'n Paar jaar gelede is akute nierversaking ook by hom gediagnoseer. Dit beteken dat hy dialise behandeling moet ontvang wat vanaf Januarie 2023 deur Discovery mediese fonds gedek sal word.
'n Groot opgewondenheid het 20 Oktober by die George-gholfklub geheers waar alle rolspelers bymekaargekom het om met ope hande en groot harte by te dra tot hierdie inisiatief.
Die geld wat ingesamel is gaan gebruik word vir die gespesialiseerde mediese behandeling vir Du Preez.
Frik se eggenoot, Lodyn, 'n werknemer van We Balance asook hul twee seuns, Regardt en Darius, het in 2017 na George verhuis. Tot einde verlede jaar het Du Preez hulp vir sy mediese sorg van 'n diensorganisasie ontvang, maar dit is ongelukkig beëindig weens 'n tekort aan fondse.
Fred King en Janine van Jaarsveld, We Balance se twee direkteure, het vertel hoe en hoekom hulle betrokke geraak het.
Hulle sien dit as 'n geleentheid om weer hoop te bring in 'n wêreld waar hoop so maklik verlore gaan. Voorts is dit 'n geleentheid om terug te ploeg in die gemeenskap waar hulle gewortel is.
Hulle het die geleentheid gebruik om 'n verskil te maak aan 'n eggenoot, pa en vriend, sodat hy voluit kan leef met 'n tweede kans op 'n nuwe lewe.
Wat 'n voorreg was dit nie vir We Balance om te kon ervaar hoeveel menslikheid prioriteit geniet onder die inwoners en besighede van George nie.
Voortaan beoog We Balance om jaarliks 'n behoefte in George te identifiseer en sodoende terug te ploeg in die gemeenskap.
Karin Vorster, spesialiskonsultant van Discovery in George het gesê die maatskappy bou graag vennootskappe met rekenmeesters en is trots daarop om deel te wees van We Balance se gholfdag.
Die doel van die dag onderskryf Discovery se kerndoel, "We want to make people healthier and protect and enhance their lives."
Janine van Jaarsveld (links) Regardt du Preez, Fred King, Frik du Preez, Karin Vorster, Lodyn du Preez en Darius du Preez.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'