GEORGE NUUS - Dr. Ronnie van der Merwe, groep- uitvoerende hoof van Mediclinic, is op Woensdag 8 April die spreker by ’n sakebyeenkoms in George.
Van der Merwe gaan gesels oor “Die toekoms van private gesondheidsorg in Suid-Afrika”.
Mediclinic Group se vertroue in George as beleggingsbestemming word weerspieël in hul spandering van meer as R1 miljard om ‘n nuwe hospitaal hier te ontwikkel. Dit open binne die volgende paar maande sy deure.
Louwrens Selzer van Selzer Developing Consultants is die organiseerder van die geleentheid in samewerking met Mediclinic Group en Boutique Asset Management. George Herald is die mediaborg.
Die geleentheid begin om 17:30 vir 18:00 by die Hawthorn Boutique-hotel.
Kaartjies kos R300 per persoon of ’n tafel van 8 gaste kan teen R2 400 bespreek word.
Besprekings kan gedoen word by 079 242 4782.
‘n Vingerete is ingesluit en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Dr. Ronnie van der Merwe
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’