Hulle was finaliste in die 2011-veldtog, The X-TRA Mile Club. Hulle is by 'n swierige funksie op 11 Februarie as die wenners aangewys.
Tiger Wheel & Tyre George is as die X-TRA Mile Club Beste Winkel vir 2011 (streekswenner) aangewys en was tweede in die Beste Winkel in Groep-afdeling.
Tiger Wheel & Tyre George se Andre Reichert is aangewys as die X-TRA Mile Club Beste Verkoopspersoon Kliëntediens (tweede plek).
Tiger Wheel & Tyre Mosselbaai se Gert Marais is aangewys as die X-TRA Mile Club Beste Verkoopsersoon - Kliëntediens (streekswenner) en hy het die tweede plek ingeneem in die afdeling X-TRA Mile Club Beste Verkoopspersoon - Kliëntediens in Groep.
Sedert die begin van die kompetisie in 2007, het Tiger Wheel & Tyre George elke jaar 'n personeellid of twee gehad wat met pryse weggestap het. Die kompetisie duur 'n jaar en daar word spookoproepe na die takke gemaak en kammakliënte word ook gestuur om diensvlakke en dies meer te toets.
Alle komplimente wat 'n tak ontvang tel ook om die finale puntestand te bepaal. Indien daar 'n probleem met 'n kliënt sou wees, sal daar weer punte afgetrek word. Die kriteria waarvolgens persone en takke beoordeel word, is van 'n hoë standaard en word baie streng toegepas. Daar is op die oomblik 25 franchises en saam met die maatskappywinkels is daar 'n totaal van 76 winkels landwyd, dus is hierdie prestasies baie besonders.
In 2007 het Sandra van Rensburg (TWT George) die toekenning vir Franchise Winner Getting it Right ontvang.
In 2008 het Mario MCleod (TWT George) die titel Franchise Winner Amazing Ace gewen en Petros Senaume (TWT George) die titel Amazing Fitter Amazing Ace.
Albei wen 'n 4 dag bootreis op die Melody, saam met hulle vrouens.
In 2009 stap TWT George weg as die topwinkel in die hele groep en kon hulle spog met die titel Tiger Wheel & Tyre Super Action Super Hero Franchises Winning Store.
In dieselfde jaar raap Adell du Plessis van TWT George die titel op van Franchise Winner Super Action Hero 2009. Adell ontvang 'n spesiale toekenning vir uitstaande kliëntediens en die uitleef van die TWT Action Hero-kultuur. Sy wen 'n vakansie vir haar en man by Sun City.
In 2010 Word Tiger Wheel & tyre George ook beloon met die derde plek in die afdeling "Dream Team Top Store".
Tiger Wheel & Tyre George het sy 13de verjaarsdag in Desember gevier en Tiger Wheel & Tyre Mosselbaai vier sy tweede verjaarsdag onder leiding van Nico van Rensburg in Mei 2012.
Nico en Sandra, die eienaars, het die volgende boodskap vir hul werknemers en kliënte: "Ons wil die hele Tiger Wheel & Tyre George- en Mosselbaai-spanne bedank vir hulle lojale harde werk. Julle is werklik mensies wat altyd die 'x-tra' myl sal gaan vir ons kliënte. Aan al ons wonderlike kliënte wat ons so getrou ondersteun, 'n spesiale dankie. Verder, alle eer en dank aan ons Liewe Vader vir sy genade en leiding."

Andre Reichert, Sandra van Rensburg, Adell du Plessis en Nico van Rensburg van George Tiger Wheel & Tyre.