Advertorial
GEORGE NUUS - Die nuwe voorkoms van PNA in Yorkstraat is 'n bron van inspirasie vir kreatiewe siele. Terwyl hul deure tydens die vernuwings vir vier weke gesluit was, het groot dinge gebeur.
Eienaars Louis en Erika Fourie verduidelik dat 'n tekort aan rakspasie hulle genoop het om splinternuwe staalraamrakke op die perseel aan te bring.
Die nuwe wit rakke kan nou met gemak die sowat 14 000 verskillende items hanteer wat dié winkel so gesog maak vir enigeen wat mooi goedjies wil maak.
Sedert hul oorname van PNA Yorkstraat in 2005, is dit die eerste keer dat die winkel so 'n groot gedaanteverwisseling ondergaan. Alles lyk vars, lig en modern, en die winkel vertoon sommer heelwat groter.
Die deure is weer sedert Vrydag 20 Mei oop en kliënte word uitgenooi om 'n draai by hul gunsteling skryf-behoeftewinkel te maak.
Volgens Louis Fourie is hulle al te dankbaar dat André van Niekerk van Multi Eiendomme hulle met stoorspasie vir al die produkte tydens die opknap-pingsperiode gehelp het.
PNA Yorkstraat kon ook klante deur middel van 'n opskietwinkel langs hul perseel met noodsaaklike benodighede help. "Ons wil graag dankie sê vir almal se geduld tydens die opgradering. Die gemeenskap se ondersteuning en die genade van Bo het ons deur die jare gedra," het Louis Fourie gesê.
PNA Yorkstraat is een van sewe PNA's in die Fourie-stal, en dis duidelik dat die egpaar nou betrokke is by al hul besighede. 'n Huisvriend van die Fouries, wyle radio-omroeper Fanus Rautenbach, het destyds hierdie raad gegee: "Die beste kunsmis is 'n boer se spore op die land."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'