GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-sakekamer het die jaar op 'n glansryke wyse afgesluit met hul jaarlikse gala-aand wat vanjaar die vorm aangeneem het van 'n deftige gemaskerde bal.
Dit is op Saterdag 16 November in die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal gehou, op die sakekamer se vyfde verjaarsdag.
Die geleentheid word jaarliks aangebied as deel van 'n fondsinsameling wat die sakekamer in staat sal stel om beurse te skenk aan twee topmatriekleerders van Pacaltsdorp.
Een opkomende entrepreneur word ook gehelp met 'n koopbewys wat hom of haar in staat stel om hul besigheid uit te brei.
Sertifikate is ook tydens die aand oorhandig aan Pacaltsdorpers vir betekenisvolle bydraes wat hulle in die gemeenskap lewer.
Voorsitter Luwayda Trantraal het die gaste bedank vir hulle ondersteuning. "Elkeen wat 'n kaartjie gekoop en die gala-aand bygewoon het, het 'n bydrae gemaak tot die bevordering van die lewens van twee leerders en 'n opkomende besigheid.
"Ons kan ook nie genoeg dankie sê aan al ons donateurs wat help om ons fondsinsameling 'n sukses te maak nie."
Esra Isaacs van Soul Foods het ook 'n sertifikaat ontvang vir die werk wat hy in die gemeenskap doen.
Willie-John van Niekerk het namens die Hoogekraal-buurtwag 'n sertifikaat ontvang.
Piet Visagie en Joanie Jantjies-Visagie.
Gershen Pick, Marionette Gericke, Marius Tarentaal, Lizel Tarentaal, Subeida Damons en Jonel Kerspuy.
Charlotte Edwards, Vena Fredericks en Enrico Apollis.
Adv. Marilyn Scheepers (links) van Legally You kry 'n sertifikaat van Luwayda Trantraal vir hul werk op die gebied van geslagsgebaseerde geweld.
Luwayda en Jacobs Trantraal saam met Enrico Apollis (regs).
Verteenwoordigers van die George-sakekamer het ook die aand geniet. Van links is Keith Sharpe (direkteur), Johannes Jumat (voorsitter), Brenda Vorster (ondervoorsitter) en prof. Adele Potgieter (direkteur).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’