Sponsored Content
SAKENUUS - Hoërskool Outeniqua vier vanjaar sy 103de bestaansjaar en het al sinoniem met ons pragtige dorp geword. Duisende leerders wat deur Kwaggaland se gange geloop het en vandag oor die wêreld versprei is, assosieer graag met dit wat in Kwaggaland gebeur. Dit is vir die personeel en leerders baie aangenaam om aan die voet van die trotse Outeniquaberge te werk en te speel.
Dit is 'n groot voorreg om as die beste hoërskool in George aangewys te word. Dankie aan elke leerder wat elke dag hulle beste lewer om van Hoërskool Outeniqua 'n skool van uitnemendheid te maak.
Baie dankie ook aan elke ouer en personeellid wat Hoërskool Outeniqua se belange op die hart dra. Die leerders van Kwaggaland word daagliks deur passievolle personeel, ouers, leerders en ondersteuners geïnspireer.
Hoërskool Outeniqua spreek ons opregte dank uit aan die gemeenskap wat dit vir die skool moontlik gemaak het om van 'n klein begin van 223 leerders net oor die 100 jaar gelede, na 1 685 leerders in 2026 te groei.
Die skool se groei en vooruitgang is te danke aan baie genade, 'n sterk waarde-
stelsel, die ondersteuning van die gemeenskap en leerders, en die personeel se harde werk.
Ons nuwe multifunksionele sentrum staan vandag as 'n trotse simbool van die skool se voortdurende ontwikkeling en ons visie om die beste moontlike geleenthede vir huidige en toekomstige Kwaggas te skep.
Die skool is diep dankbaar vir die goedheid en guns van die gemeenskap.
Die dirigente is slaggereed vir interskole.
Kwaggaland, aan die voet van trotse berge!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’