Advertorial Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Weldon Optical verwelkom 'n nuwe gesig by hul takke in Pacaltsdorp en Wildernis. Die oogkundige Beate Parsons het vandeesmaand by die Weldon-span aangesluit en is opgewonde oor haar toekoms by die praktyk.
Parsons het haar graad in optometrie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy het haar loopbaan in Nederland begin waar sy vir vier jaar gepraktiseer het. Plaaslik het Parsons sedert 2015 as oogkundige by die George-oogkliniek gewerk en baie ondervinding opgedoen met oogsiektes soos gloukoom, droë oë en diabetes.
Dié vriendelike donkerkop is gereed vir die nuwe uitdaging wat Weldon Optical bied en nooi inwoners om 'n draai te maak by die praktyk in Missionweg, Pacaltsdorp of in Milkwood Village, Wildernis.
Parsons se raad vir ooggesondheid is as volg: "Maak seker dat jy minstens elke twee jaar 'n oogtoets ondergaan."
Weldon Optical dien kliënte van alle ouderdomme - van babas tot bejaardes. Om 'n afspraak te maak, kontak Weldon Optical in Pacaltsdorp by 044 8780 100 of stuur 'n e-pos na beate@weldonoptical.co.za.
Kyk 'n video hieronder:
Wilderness, Milkwood Village.
Diegene wat in Wildernis woon het die gerief van 'n praktyk in Milkwood Village (langs die Spar).
Vir inligting kontak 044 877 0708.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'