Sponsored Content
SAKENUUS - Norgarivier Kwekery se bestuur en span vier vir die vierde keer fees nadat hulle aangewys is as die beste kwekery in George. "Ons is verheug, dankbaar en supertrots om hierdie gesogte titel weer te kon ontvang!" sê hulle.
"Dankie vir al ons lojale kliënte wat ons besoek, ondersteun en vertrou. 2025/26 was uitdagend t.o.v. droogte, storms en vloede.
Alle eer aan die Here wat ons damme weer kom vul het met water en ons plante laat groei! Dankie ook aan ons volle Norga-span wat daagliks hard agter die skerms werk en help met produksie."
Die kwekery se nuutste toevoeging, Grace & Grind koffiewinkel, wat ook genomineer was vir Beste in George, deel ook in hierdie toekenning.
Grace & Grind het vinnig bekend en geliefd geraak vir die beste koffie en tuisgebak en die oulike baristas, en het vir Norga se kliënte 'n heerlike kuierplek geskep.
Norga se gewildheid lê vir seker by ons vriendelike verkoopsdames, die eienaars (en Basjan) wat altyd naby is om raad te gee, ons gratis maandelikse tuinpraatjies, ons verskeidenheid plante, kleur, en natuurlik goeie pryse.
Die publiek word uitgenooi om ons te kom besoek, koffie te kom drink en self te kom sien hoekom ons steeds die beste in George is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’