Sponsored Content
SAKENUUS - Norga vier behoorlik fees vanjaar!
Vir die derde agtereenvolgende jaar is Norgarivier Kwekery gekies as die Beste Kwekery / Tuinsentrum in George - en boonop vier ons ons 25ste bestaansjaar!
Almal by Norga is verheug en dankbaar vir hierdie wonderlike prestasie en wil graag die publiek en lojale kliënte bedank vir hul ondersteuning oor al die jare.
Ons is geseënd en dankbaar om Norga as 'n familiekwekery te kan bedryf en vanjaar het die derde generasie ook aangesluit!
Ons wenresep?
Harde werk, top gehalte plante teen groothandelpryse aan die publiek, vriendelike en hulpvaardige verkoopspersoneel, fantastiese produksiespanne, ons lojaliteitsafslagkaart, gratis tuinpraatjies en werkwinkels, asook die eienaars wat altyd naby is vir advies.
Norga is altyd besig met iets nuut en spog nou ook met ’n pragtige koffiewinkel, Grace & Grind, wat deur Hendrik jr. besit en bedryf word!
Ons nooi die publiek uit om te kom kuier, deur te stap, koffie te drink, en te te sien waarom ons steeds die beste in George is.
Ons bars uit ons nate met lenteblomme en kleur en daar is beslis iets vir elke tuin! Kom vier fees saam met ons!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’