Niek en sy praktykbestuurder en ontvangsdame, Amelia Vermeulen, is opgewonde oor dié nuwe uitdaging wat op hul wag.
Gerieflik geleë naby die Langeberg Mall, front die voorkant na die besige Louis Fourie Weg (Sien volledige padaanwysings op meegaande advertensie). Daar is gerieflike parkering voor die ingang en toegang is rolstoel-vriendelik.
Goeie nuus is dat hulle met meeste bekende mediese fondse ingekontrakteer sal wees. Spesiale tariewe word vir kontant pasiënte aangebied en daar is selfs welsyns-/pensionaris-pakette vir pasiënte sonder mediese fonds dekking.
“ ‘n Oogtoets behels soveel meer as bloot die vervaardiging van ‘n bril waardeur skerp gesien kan word. Al onthou mense gewoonlik die keuses wat normaalweg deur die oogkundige gestel word – ‘Wat is beter - rooi of groen?’ of ‘een of twee?’ behels die oogtoets darem ook ‘n deeglike ondersoek van u oog se gesondheid en ook die samewerking tussen die twee oë wat as ‘n eenheid beskou word,” gesels Niek geesdriftig. Vir Niek is die ondersoek van die interne gesondheid van die oog van kardinale belang en baie interessant.
Niek is opgewonde oor sy nuwe toerusting wat eersdaags geïnstalleer word. Met die nuwe tegnologie is ‘n verskeidenheid nuwe toets-opsies moontlik om oog gesondheid en sigfunksies te monitor.
Die beste manier om siekte toestande van die retina te monitor is deur die neem van ‘n foto van die binnekant van die oog. Progressie van skade kan hierdeur baie goed gemonitor word en in die toekoms vergelyk word
met ‘n nuwe foto. Hierdie foto’s kan uitgedruk word en selfs aan u oogspesialis of -internis ge-epos word.
Progresiewe oogsiektes wat algemeen bekend is, is:
- Diabetes, waar bloeding op retina later voorkom;
- Makulêre degenerasie;
- Gloukoom;
- Retinitis pigmentosa;
- Bloeddruk skade;
- Retinale loslating;
- Makulêre gate;
*Hoekom is my sig swakker in die nag as in die dag, al dra ek my bril?
*Waarom sien sommige mense met hul bril swakker as wat verwag sou word?
*Na korrektiewe chirugie, byvoorbeeld lasik, RK, PRK is die sig soms nie glashelder nie. Hoekom so?
Heelwat van hierdie vrae se antwoorde kan verkry word deur te bepaal hoe lig in die oog beweeg en fokus, met behulp van ‘n abberometer.
In die oog is daar drie bekende fokusprobleme wat ons met ‘n bril /kontaklense korrigeer, naamlik:
- Bysiendheid
- Versiendheid
- Astigmatisme
Pupil -grootte laat in sommige gevalle die fokus verbasend baie verander, maar sig word gewoonlik slegs getoets in ‘n effense donker kamer, wat slegs ‘n enkele toestand toets en korrigeer.
Die effek van letsels op die kornea en keratokonus, kan ook gemeet word deur middel hiervan.
Die tegnologie wat abberasies kom deesdae ook handig te pas in die nuutste vorms van laser chirugie deur oogspesialiste om sig te korrigeer.
Niek Harteveld Oogkundiges kan gekontak word by 044 695 1688 en die noodnommer is 082 770 2947. Hulle maak verskoning as u al probeer skakel het en nie deurgekom het nie - die telefoonstelsel was foutief vanaf Vrydag, 4 November tot Maandag, 7 November.
“Ons sien uit daarna om u van diens te wees. Kom loer gerus in.”