Advertorial
SAKENUUS - In die hart van George se midde-dorp, in die historiese gewelgebou in Hiberniastraat, leef meer as 'n eeu se Suid-Afrikaanse geskiedenis steeds voort. Morris Apteek, wat sedert 1902 diens lewer en die oudste steeds bestaande apteek in Suid-Afrika is, is veel meer as net 'n plek waar voorskrifte gevul word - dit is 'n instelling waar persoonlike sorg, vakmanskap en gemeenskapsdiens al geslagte lank hand aan hand stap.
Wanneer jy deur die deure stap, word jy begroet deur 'n besondere stuk geskiedenis.
'n Fassinerende uitstalkas huisves kosbare oudhede uit die vroeë dae van die apteek, waaronder 'n indrukwekkende voorskrifboek so dik soos 'n Familiebybel, 'n pragtige koperweegskaal waarmee bestanddele noukeurig afgeweeg is, en glasbotteltjies wat die stories van vervloë tye vertel.
Hierdie ryk erfenis vorm die fondasie waarop 'n opwindende nuwe hoofstuk nou begin.
Vanaf 16 Julie 2026 sluit Morris Apteek amptelik aan by die Pharmacy at SPAR-apteekgroep en sal voortaan bekendstaan as Pharmacy at SPAR Morris.
Hoewel die naam verander, bly die hart van die besigheid presies dieselfde.
Apteker Jannie van der Merwe en sy vrou, Anne, is sedert 1998 die trotse eienaars en bestuurders en sien daarna uit om hul kliënte met nog meer waarde te bederf.
Die nuwe vennootskap bring gereelde spesiale aanbiedinge, uitstekende pryse en die ekstra gerief dat SPAR-lojaliteitskaarte nou by die kasregister geskandeer kan word vir afslag op uitgesoekte aanbiedinge.
Die span van Morris Apteek sien met groot opgewondenheid uit na die opening van die nuwe, maar steeds bekende Morris Apteek - die begin van 'n opwindende nuwe hoofstuk waarin dieselfde vertroude diens en sorg voortleef.
Daarby ondersteun Pharmacy at SPAR ook verskeie gemeenskapsinisiatiewe, waaronder skole se netbal en ander plaaslike projekte.
Vir Jannie en Anne is daar egter een ding wat nooit sal verander nie - die vriendelike, persoonlike diens waarvoor Morris Apteek oor dekades heen bekend geword het.
"Ons gee die apteek 'n moderne voorkoms, maar die goeie, outydse diens waarop ons kliënte nog altyd kon staatmaak, bly presies dieselfde."
Pharmacy at SPAR Morris is dus veel meer as net 'n nuwe naam. Dit is die perfekte kombinasie van tradisie, moderne gerief, uitstekende waarde en dieselfde vertroude mense wat al jare lank na hul kliënte omsien.
Kom loer gerus in by Pharmacy at SPAR Morris by Hiberniastraat 92, George, en ontdek die nuwe voorkoms, uitgebreide produkreeks, fantastiese pryse en dieselfde hartlike diens wat Morris Apteek al meer as 124 jaar lank so besonders maak.
Vooraansig van die nuwe maar bekende stukkie geskiedenis.
Besigheidsure:
- Maandae tot Vrydae 08:00 - 17:00
- Saterdae 08:00 - 13:00
- Sondae: Gesluit
- Publieke vakansiedae: 09:00 - 12:00
Kontak ons gerus by 044 874 3728 / 044 874 3749 of 083 288 0685.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’