Video
GEORGE SAKE-NUUS EN VIDEO - Suid-Afrika sal nie oorleef as die huidige getal mense wat aan die ekonomie deelneem, nie verdubbel nie. Die waarskuwing is Maandag deur Johan van Zyl, een van Suid-Afrika se bekendste sakeleiers, gedoen.
Hy was die spreker tydens 'n geleentheid wat by die Oakhurst Insurance George Arts Theatre aangebied is en deur Louwrens Selzer gereël is. Die George-sakekamer was een van die borge.
Van Zyl is op die oomblik onder meer betrokke in 'n uitvoerende hoedanigheid by African Rainbow Capital en voorsitter van Sanlam se direksie. Hy het 'n paar gedagtes deel wat mense kan doen om 'n verskil in die sakewêreld te maak.
Daar is 'n paar dinge wat bepalend gaan wees vir wat uiteindelik gaan gebeur. Hy het onder meer verwys na die belangrikheid van tegnologie. Dit gaan meer en meer belangrik word eerder as minder belangrik. Ter illustrasie het hy verwys na die werk wat 'n rekenaar kan doen. Iemand wat siek is kan byvoorbeeld net die simptome intik en 'n aanduiding kry van wat verkeerd kan wees. Tegnologie gaan ook 'n impak hê oor hoe mense werk. Die wêreld van werk gaan massief verander. Daar is bedrywe wat minder geraak gaan word soos byvoorbeeld toerisme.
Van Zyl het ook verwys na die rol van demografie. Mense gaan toenemend na stede trek. In stede gaan beter dienste verskaf word en daar gaan geleenthede wees. Die produksie van voedsel gaan plaasvind waar nie mense is nie. Die voedsel sal dan na die stede vervoer moet word.
Hy het 'n kort oorsig gegee hoe African Rainbow Capital gevestig is en van die dienste wat reeds verskaf word. Een van Suid-Afrika se bekendste sakemanne Patrice Motsepe, is betrokke.
Daar is besluit om te belê in dinge wat 'n verskil kan maak. Aandag word gegee aan onder meer die landbou en finansiële dienste.
Kyk 'n video hieronder:
Beleggings is reeds gemaak in 'n nuwe bank, TymeBank. Sedert einde Februarie het die bank reeds sowat 250 000 kliënte en R600 miljoen se spaargeld gekry. 'n Vennoot van die bank is Pick n Pay.
Hy het ook verwys na die maatskappy se betrokkenheid by die verskaffing van data. Dit word gedoen deur Rain wat deel is van die maatskappy.
Data is redelik beskikbaar in Suid-Afrika, maar nie goedkoop nie. Dit word beheer deur twee tot drie groepe. 'n Paar mense in die maatskappy het bymekaargekom en gekyk hoe hulle die situasie kan aanspreek. Die vertrekpunt is dat iemand net betaal vir data wat hy/sy gebruik.Koos du Plessis (links) van Sanlam by dr. Johan van Zyl, bekende sakeleier tydens sy besoek aan George.
As mense sê die situasie in Suid-Afrika is moeilik, is dit waar, het Van Zyl gesê. Hy het bygevoeg dit is egter 'n korttermyn benadering om dit so te sien en daar moet na die langtermyn gekyk word.
Van Zyl het benadruk dit maak nie saak waar iemand werk nie. As iemand nie wêreldklasdiens lewer nie, gaan iemand anders dit oorneem. Daarom moet mense seker maak dat hulle dienste van wêreldgehalte lewer. Hy is optimisties oor die toekoms en daar is redelik beleggingsgeleenthede.
Op vrae oor die politieke situasie en die verkiesing het Van Zyl gesê al die groot partye is ten gunste van die bekamping van misdaad. Dit is onmisbaar.
Buitelandse mense is net soos Suid-Afrikaners, omgekrap oor wat die laaste paar jaar gebeur het in terme van misdaad soos byvoorbeeld staatskaping en individue wat geld vir hulself toegeëien het. 'n Voorvereiste vir beleggings deur mense uit die buiteland, is dat dit (misdaad) teengewerk moet word deur die mense wat aan bewind is. Sy standpunt is dat as iemand gesteel het, moet hy/sy tronk toe gaan.
Hy het 'n kort oorsig gegee hoe African Rainbow Capital gevestig is en van die dienste wat reeds verskaf word. Een van Suid-Afrika se bekendste sakemanne Patrice Motsepe, is betrokke.
Daar is besluit om te belê in dinge wat 'n verskil kan maak. Aandag word gegee aan onder meer die landbou en finansiële dienste.
As mense sê die situasie in Suid-Afrika is moeilik, is dit waar, het Van Zyl gesê, maar dit is slegs oor die korttermyn en mense moet langtermyn dink.
Van Zyl het benadruk dit maak nie saak waar iemand werk nie. As iemand nie wêreldklasdiens lewer nie, gaan iemand anders dit oorneem. Hy is optimisties oor die toekoms en daar is redelik beleggingsgeleenthede.
Op vrae oor die politieke situasie en die verkiesing het Van Zyl gesê al die groot partye is ten gunste van die bekamping van misdaad. Dit is onmisbaar.
Buitelandse mense is net soos Suid-Afrikaners, omgekrap oor wat die laaste paar jaar gebeur het in terme van misdaad soos byvoorbeeld staatskaping en individue wat geld vir hulself toegeëien het. 'n Voorvereiste vir beleggings deur mense uit die buiteland, is dat dit (misdaad) teengewerk moet word deur die mense wat aan bewind is. Sy standpunt is dat as iemand gesteel het, moet hy/sy tronk toe gaan.
Van die mense wat die geleentheid bygewoon het waar dr. Johan van Zyl die spreker was. Die geleentheid is deur Louwrens Selzer aangebied. Foto: Eugene Gunning.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'