Sponsored Content
SAKENUUS - Klouterwoud, ’n geliefde en gevestigde privaat kleuterskool in George, is reeds twee jaar agtereenvolgens aangewys as die wenner van die kategorie "Beste Kleuterskool/Speelskool" in die Best of George Readers' Choice-kompetisie - 'n eer wat hul onwrikbare toewyding aan liefdevolle, hoë gehalte opvoeding bevestig.
In 2025 vier Klouterwoud trots 22 jaar van groei, geloof en verhoudings.
Wat begin het as 'n klein groepie kinders het ontwikkel in 'n dinamiese skoolgemeenskap wat kinders van vier maande tot graad RR versorg.
Elke klas is in die sorg van ervare, liefdevolle onderwysers en assistente wat glo dat elke kind uniek is en gekoester moet word.
Hoewel daar veranderinge in die span was, bly Klouterwoud se waardes sterk: liefde, geloof, familie en vertroue.
Die personeel werk met passie en toewyding om elke dag die skool se leuse uit te leef: "Die liefde wen altyd."
As Klouterwoud ook jóú kind se hart gewen het, nooi ons jou om weer vir ons te stem in die 2025 Best of George Readers' Choicekompetisie.
Jou stem bevestig nie net ons plek as 'n toonaangewende kleuterskool nie, maar help ook om die toekoms van baie klein voetjies nóg blinker te maak. Klik hier om te stem: https://www.bestofsouthafrica.co.za/george/best-of-george-vote/
Dankie aan elke ouer, kind en ondersteuner wat deel is van die Klouterwoud-storie. Die beste lê nog voor!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’