Sponsored Content
SAKENUUS - Laerskool George-Suid het onlangs verskeie infrastruktuurprojekte voltooi wat daarop gemik is om die leer- en ontwikkelingsomgewing vir leerders verder te verbeter. Die opgraderings sluit 'n moderne Loerie-winkel, 'n splinternuwe binnenshuise sportarea en opgegradeerde badkamers by die sportfasiliteite in.
Volgens Nicolette Hagen, bestuurder van die Loerie-winkel, bied die opgeknapte winkel 'n vars en moderne ruimte waar ouers en leerders steeds dieselfde vriendelike en doeltreffende diens kan verwag. Die winkel voorsien onder meer LGS LO-drag, sportdrag, tasse, bykomstighede en ondersteunersware.
Die nuwe binnenshuise sportarea skep meer geleenthede vir sport en fisieke ontwikkeling, ongeag die weersomstandighede.
Die fasiliteit ondersteun nie net aktiewe deelname aan sport nie, maar dra ook by tot die ontwikkeling van spanwerk, dissipline, deursettingsvermoë en selfvertroue.
Die opgradering van die badkamers by die sportfasiliteite vorm deel van die projek om gerieflike, moderne en netjiese geriewe vir leerders, personeel en besoekers te verseker.
Volgens die skool weerspieël die opgrade-rings Laerskool George-Suid se voortdurende verbintenis tot uitnemendheid. Deur doelgerig in moderne infrastruktuur te belê, skep die skool 'n veilige, funksionele en inspirerende omgewing waar elke leerder die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’