Advertorial
GEORGE NUUS - Die kundigheid en ervaring van drie algemene praktisyns is nou beskikbaar by die Huis Artz.
Dit volg nadat dr. Annetjie van der Nest onlangs by drs. Chris van Niekerk en Amor van Zyl aangesluit het.
Die gewilde praktyk by Donerailestraat 5 in die stadskern bestaan al meer as 30 jaar. Al drie is algemene praktisyns met baie jare se ervaring.
Wanneer pasiënte hier besoek aflê kan hulle verseker wees van goeie mediese sorg en advies.
Dr. Van der Nest bring nuwe kennis, entoesiasme en sien haarself as 'n gesinsdokter. Sy hou baie daarvan om kleiner prosedures in die kamers te doen en is gesertifiseer om die Mirena te plaas.
Sy het in Bloemfontein studeer, 'n draai in Potchefstroom gemaak en daarna by 'n gesinspraktyk in Pretoria gewerk. Sy het 'n liefde vir die omgewing en derhalwe besluit om die verandering na die Tuinroete te maak.
"Ek sien graag van klein kindertjies tot bejaardes," vertel sy.
Drs. Van Niekerk en Van Zyl is baie bly om haar in die praktyk te verwelkom. Hulle is Reisdokters in die omgewing (Travel Doctor Africa).
Dr. Van Niekerk is al vir meer as 30 jaar 'n integrale deel van George se mediese gemeenskap en hy is 'n gekwalifiseerde beroepsgeneeskundige.
Dr. Van Zyl is reeds 10 jaar deel van die praktyk. Sy het ook 'n graad in dieetkunde (nie-praktiserend) en het 'n spesiale passie vir sportgeneeskunde, voedsel, voeding en velsiektes.
Die vriendelike personeel sal u graag verwelkom by Donerailestraat 5 waar volop parkering beskikbaar is.
Mense wat om hulp by die praktyk wil aanklop kan 044 874 1772 skakel of 'n e-pos stuur aan thervan@mweb.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'