Advertorial
GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het by Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se toekenningsaand op Vrydag 6 Februarie uitgeblink as die enigste skool uit die Eden en Sentraal-Karoo wat erkenning vir akademiese prestasies ontvang het.
Die matrieks van 2025 het in verskeie afdelings die top-20-lyste vanoor Suid-Afrika gehaal, onder andere in vyfde meeste vakonderskeidings in Suid-Afrika en die meeste vakonderskeidings in die Wes-Kaap.
In die afdeling vir vakonderskeidings per leerder was Outeniqua ook onder die top-20 in ses vakke - Afrikaans huistaal, English first additional language, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en wiskundige geletterdheid.
Die SOS-toekennings word gemaak aan skole in Suid-Afrika met 'n minimum van 15 kandidate wat Afrikaans huistaal neem. Daar was 561 skole wat hiervoor in aanmerking gekom het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’