Sponsored Content
SAKENUUS - In Oktober 2012 het 'n droom werklikheid geword toe Heeltyd Speeltyd sy deure vir die eerste keer oopgemaak het.
Wat begin het as 'n passie vir kinders, het gegroei tot 'n familie van skole waar liefde, gehalte opvoeding en die beste belange van elke kind steeds die hart vorm van alles wat ons doen.
Ons glo dat elke kind uniek is en verdien om met liefde, respek en begrip ontvang te word. Daarom skep ons 'n veilige, geborge omgewing waar kinders met selfvertroue kan leer, speel en ontwikkel.
Vir baie van ons leerders is Heeltyd Speeltyd 'n tweede huis - 'n plek waar hulle veilig voel, geliefd is en elke dag met vreugde verwelkom word.
Ons is ten volle geregistreer om vroeë kinderontwikkeling en gr. R aan te bied en volg erkende kurrikulums wat elke kind se ontwikkeling doelgerig ondersteun.
Met gekwalifiseerde personeel, deurlopende opleiding en noue samewerking met ouers, streef ons daarna om elke kind se unieke potensiaal te ontwikkel.
By Heeltyd Speeltyd gaan dit nie net oor skoolgereedheid nie - dit gaan oor lewensgereedheid. Ons wil kinders help om met selfvertroue, vriendelikheid en 'n liefde vir leer die wêreld tegemoet te stap.
Meer as enigiets anders wil ons hê dat elke kind wat deur ons deure stap, moet weet: Jy is waardevol. Jy behoort hier. Jy word met liefde grootgemaak.
Dankie aan elke ouer wat ons met hul kosbaarste skat vertrou. Dit is vir ons 'n voorreg om saam met julle deel van elke kind se unieke verhaal te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’