Advertorial
PROMOSIE ARTIKEL - Griefshare is 'n begeleide program wat deur Bergsig-gemeente aangebied word om elkeen wat 'n geliefde verloor het, te help om die rouproses te hanteer. Ja, of dit onlangs is of jare gelede was, word jy begelei om geestelik, emosioneel en in jou denke, die rouproses deur te werk, sodat jy by 'n nuwe normaal kan uitkom. Almal is baie welkom.
In 'n diep en 'n volledige proses van 14 weke staan ons stil by wat normaal is, jou emosies, die rouproses, verhoudings, die vraag hoekom? skuld en woede, dit wat rou moeiliker maak, as jy vasval, lesse in die rouproses, oorleef herdenkings- en feesdae, vrae oor die hemel en die nuwe normaal.
"Baie dankie vir die wyse hoe julle ons begelei het deur ons rouproses. Ek het die eerste dag by die kursus ingestap, doodbang, stukkend en hopeloos, maar danksy ons Hemelse Vader wat julle en Griefshare-program gebruik het, kan ek en mede-kursusgangers ons koppe weer oplig en die lewe in die oë kyk met hoop in ons harte en met die wete dat ons Vader ons nooit alleen sal los nie, ook nie in swaar tye in ons lewe nie. Baie dankie."
Riem is een van die baie positiewe getuienisse wat ons die afgelope paar jaar gekry het.
Die video's en handboek is in Engels
Die besprekingsgroepe sal in Afrikaans en Engelse groepe verdeel word, volgens behoefte.
Kursuskostes is R360 wat handboek en iets te drinke insluit.
As jy wonder, twyfel of vrae het, kom woon ons bekendstelling by wat in Engels aangebied word. Dit vind op 26 Januarie om 14:30 by die Groenkloof Woods-eetsaal plaas.
Kursustye: Maandae om 14:30 by Groenkloof Hub-gemeenskapsaal, langs Nostalgie.
Die kursus skop Maandag 29 Januarie af en loop weekliks tot 13 Mei.
Vir enige navrae kontak gerus een van die aanbieders:
Adien Linstrom by 082 202 5923
Ds. Adriaan van der Colf by 082 836 9468
Ds. Anton Louw by 083 286 3292
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’