Sponsored Content
SAKENUUS - Ons is geëerd en dankbaar dat Groen-kloof onlangs deur die mense van George as hul voorkeur aftree-oord aangewys is. Hierdie erkenning het ons egter laat wonder wat mense vandag verstaan wanneer hulle die term "aftree-oord" hoor.
Wanneer ons aan 'n aftree-oord dink, dra baie van ons steeds beelde uit die verlede saam. Maar is dit nog hoe moderne aftrede lyk?
Waarskynlik nie. Die rede daarvoor is eenvoudig: afgetredenes van vandag leef anders. Hulle is gesond, aktief en vol planne.
Hulle reis, oefen, doen vrywillige werk, bly betrokke by hul beroepe of ontdek nuwe passies. Familie, vriende en 'n sinvolle lewe bly vir hulle belangrik.
Moderne aftree-oorde het saam met hierdie veranderende leefstyl ontwikkel en bied onafhanklikheid, sekuriteit, gemeenskap en die gemoedsrus dat sorg beskikbaar is wanneer dit eendag nodig mag word.
By Groenkloof beteken dit gemoedsrus, uitstekende sekuriteit, pragtige fasiliteite en geleenthede om deel te wees van 'n aktiewe gemeenskap. Die grootste bate van Groenkloof bly egter sy mense.
Hier kuier bure steeds oor tuinhekkies, stap hulle in vir 'n geselsie wanneer die deur oopstaan en word vriende soos familie.
Miskien is dit hoekom ons so dikwels dieselfde woorde van inwoners hoor: "Ons wens ons het al vroeër gekom."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’