GEORGE NUUS - Watter besighede maak George werklik besonders? Vanjaar gee George Herald weer aan die publiek die geleentheid om te besluit, met die terugkeer van die gewilde Best of George Leserskeuse-toekennings, wat vir die derde keer aangebied word om plaaslike uitnemendheid te vier.
Meer as net 'n kompetisie, bied die toekennings aan inwoners die geleentheid om erkenning te gee aan plaaslike uitnemendheid, van die skoonheidsalon of spa wat jou op jou beste laat voel, tot topsjefs by ons groot verskeidenheid restaurante en gewilde toerismebestemmings.
Nominasies open op 17 April en is maklik om te voltooi, heeltemal gratis en toeganklik vir almal. Of jy nou 'n besigheidseienaar, lojale kliënt of trotse inwoner is, dit is jou kans om jou gunstelinge in die kollig te plaas.
Deur deel te neem aan die nominasie- en stemproses wys die publiek nie net hul ondersteuning vir plaaslike ondernemings nie, maar staan hulle ook 'n kans om opwindende pryse te wen.
Die publiek word egter daarop gewys dat nominasies nie oop sal wees vir individue of praktyke wat onder die regulering van die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (SRGB) val nie.
Hierdie besluit is geneem in ooreenstemming met die raad se etiese riglyne, wat gesondheidspraktisyns beperk om aan soortgelyke kompetisies of promosies deel te neem.
Gevolglik sal kategorieë binne die gesondheidsektor beperk wees tot beste gesondheidsorgsentrum of -kliniek, beste hospitaal en beste apteek.
Nominasies sluit op 7 Mei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’