Advertorial
SUID-KAAP SAKE NUUS - Property Pointer is 'n gerespekteerde eiendomsagentskap met 10 ervare agente in sy stal.
Dié agentskap dien 'n wye gebied wat insluit Riversdal, Albertinia, Mosselbaai en Hartenbos, asook die Reebok-, Tergniet- en die Groot Brakrivier- omgewing.
Onder die agentskap se prinsipaal, Suzelle Eksteen, word 'n rykdom van kennis en jare lange ondervinding in die eiendomsbedryf saamgesnoer waarmee 'n omvattende diens aan kliënte gelewer word.
Suzelle Eksteen het as musiekonder-wyseres by die Hoërskool Punt in 1977 in Mosselbaai aangekom.
Sy het Property Pointer jare gelede begin in 'n uitstalvenster van die Protea Hotel in Mosselbaai. In sy kinderskoene, het Property Pointer toe bekend gestaan as Suzelle Coastal Properties. In 2008, word Suzelle 'n bestuurspos aangebied by 'n deeltitel-bestuursmaatskappy in Johannesburg. In 2011 open sy saam met vennote Le Frezelle Sectional Title Management in Honeydew Ridge, Johannesburg. Hier het sy 'n magdom kennis opgedoen in deeltitel- en huiseienaarsverenigingbestuur.
Na die wye draai in Johannesburg, kom vestig Suzelle haar in Mosselbaai in 2014.
"Eiendom in die Mosselbaai-omgewing blý waardevol en spesiaal. Dit is 'n baie lewendige mark," sê Suzelle
Hoogtepunte uit haar loopbaan sluit in die ontwikkeling van die Mosselbaai Gholflandgoed waarby sy van die begin jare af betrokke was. Ander ontwikkelings waarin sy 'n hand gehad het toe sy by Garden Route Investment Properties gewerk het, is die Pinnacle Point Beach and Golf Resort en Blue Mountain Village in George.
"Om weer te kon terugkeer na Mosselbaai en omgewing en deur Property Pointer nog hoogtepunte in my loopbaan te kon bereik, is 'n groot voorreg.
Mosselbaai bly my geliefde tuisdorp en daarom stel Property Pointer graag hierdie omgewing aan ons kliënte bekend," sluit Suzelle af.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'