Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Suid-Afrika se eiendomswêreld is vir altyd in 'n nuwe rigting gestuur met die aanvaarding van die Wet op Eiendomspraktisyns in 2022.
Tonkin Clacey kan jou help om deur dié nuwe wêreld te navigeer. Histories was net eiendomsagente geraak deur hierdie wetgewing, maar professionele eiendomsindustrieë soos bestuursagente, ontwikkelaars, afslaers en verbandagente word nou almal betrek.
Vanaf 1 Julie 2024 het die Property Practitioners Regulatory Authority (PPRA) belangrike veranderinge ingestel vir die kwalifikasie van praktisyns.
Die wetgewing is veral gefokus op verbruikers, om die volgende redes:
• Verhoogde regulering van eiendomspraktisyns.
• Verpligte openbaarmaking van eiendomsgebreke bied uiteraard groter beskerming aan kopers.
• Die Getrouheidsfondssertifikaat beskerm verkopers en kopers deur diegene te reguleer wat kommissies uit die verkoop verdien.
As sommige hiervan vir jou Grieks is, is Tonkin Clacey die plek om by aan te klop.
Tonkin Clacey kan help
Jy verdien iemand om die komplikasies van eiendomsreg te navigeer. By Tonkin Clacey sal jy die beste leiding ontvang en met kundige advies bedien word.
Ons dienste kan jou lei deur die magdom wetgewing wat betrekking het op alle aspekte van eiendomstransaksies.
Advies wat Tonkin Clacey aan jou kan bied sluit die volgende in:
• Opstel of nagaan van die kontrak, die dokument wat die ooreengekome bepalings en voorwaardes van die eiendomstransaksie vervat.
• Regte in eiendom soos lewensreg, vruggebruik, huurkontrakte en serwitute.
• Die regsproses, vanaf die bedinging van die kontrak tot by die registrasie van oordrag en verbande.
• Bedinging van kommersiële kontrakte vir ontwikkelaars en besighede.
• Eiendomme en bates as deel van boedelbeplanning en testamente.
• Opleiding en advies aan eiendomspraktisyns in terme van die Wet op Eiendomspraktisyns.
Word deel van ons groeiende groep lojale kliënte
"Tonkin Clacey bied die oplossings vir jou eiendomsvrae. Met die ervaring, wat hulle deur jare opgebou het, beskik die span oor die vermoë om enige navraag se oplossings en moontlike uitkomste op 'n kundige, weldeurdagte manier oor te dra sodat jy besluite kan neem wat nodig is om uit te styg in jou besigheid." - Tessa Brown
"Tonkin Clacey het ons harte aangeraak met die besondere wyse wat hulle ons as Agentskap benader. Jaco Lotter en sy span, is altyd vriendelik en gewillig om te luister en te adviseer, al is dit na-ure." - Marina Nieman
"Baie dankie vir die uitstekende diens aan Wilderness Garden Estate Home Owners Assosiation (WGEHOA). Dit is 'n voorreg om van julle dienste gebruik te maak. Die kennis en vaardigheid wat julle aan die dag lê is voorwaar gerusstellend vir ons by WGEHOA. Julle is altyd oop vir 'n gesprek met ons en wat ons baie waardeer is dat julle altyd op tyd is met beloftes en versoeke. Verder is julle beskikbaar per selfoon, ook na-ure om vir ons diens te lewer.” - WGEHOA
Tonkin Clacey Inc. Mossel Bay
- 044 220 0240
- 083 600 4903
- jaco@tcinc.co.za
- www.tcinc.co.za
- Office 4, Nautilus Place
- 27 Marsh Street,
- Mossel Bay
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’