Sponsored Content
GEORGE NUUS - Met hul unieke styl, moderne dekor, ontspanne atmosfeer en welkome ontvangs, is Bril beslis nie jou alledaagse oogkundige praktyk nie.
Met die intrapslag word jy hartlik verwelkom deur 'n beeldskone, vriendelike ontvangsdame wat wil weet of jy koffie, tee of selfs 'n glasie wyn wil geniet. Beslis iets om jou opgewonde te maak oor jou volgende oogtoets.
Nie net bied hulle uitstekende diens en kwaliteit produkte nie, maar 'n kultuur en 'n ervaring wat jou sal laat terugkeer.
Landwyd het Bril vyf takke. Die Paarl-tak is eerste deur die eienaar, Werner Fourie van George, oopgemaak. Daarna het die takke in Stellenbosch, Val de Vie en Pretoria gevolg, en hul nuutste tak in George.
Hul produkte word uit Italië en Spanje ingevoer en Werner besoek jaarliks die buiteland om tred te hou met die nuutste neigings en modes.
FOTOGALERY: Voel, lyk en sien beter met Bril
Die George-tak is op 15 November 2022 deur Danielle Hendrikse geopen en die amptelike opening was verlede Donderdag by hul perseel in die ou Uitkyk-huis by Courtenaystraat 33.
Danielle, oorspronklik van Alberton, het soos baie, verlief geraak op die Tuinroete toe hulle verlede jaar hier kom kuier het.
Bril bied 'n wye verskeidenheid van brille met die nuutste modes en neigings.
Sy het Fourie van te vore ontmoet en hom genader om 'n Bril-tak hier oop te maak. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.
"Elke praktyk vertel 'n storie en ons probeer regtig gerieflik maak vir ons pasiënte. Ons voel sterk daaroor om plaaslike besighede te ondersteun en gemeenskapsbetrokkenheid en diens is vir ons prioriteit," sê Danielle.
Wat haar baie opgewonde gemaak het, is dat die handelsmerk, Bril, baie Afrikaans is. "Dit het my baie aangevuur. Ek wou nie net nóg 'n oogkundige praktyk oopmaak nie en Bril is meer as net 'n handelsmerk. Ons leef dit uit en elke praktyk vertel sy eie storie. Dis 'n hele konsep eerder as net nog 'n praktyk," sê sy.
Danielle Hendrikse (tweede van regs) saam met lede van Bril se hoofkantoor, Werner Fourie (tweede van links), Cheslin Grobbler, Natasha Fourie en Toni Grobbler.
Bril het persoonlikheid en alles omtrent dit word duidelik deeglik deurdink - selfs die pittige sêgoed op die mure en die brille se name.
"Alles is baie strategies beplan. Selfs die vloei en uitleg van elke winkel. Baie van ons reeks word slegs deur Bril verskaf en al ons produkte word spesifiek vir ons gemaak. Goeie dienslewering en om ons pasiënte gemaklik en gelukkig te maak, is vir ons uiters belangrik. Mense koop nie produkte nie, hulle koop stories en ervaring," sê Danielle.
Werner het die Bril-handelsmerk ontwerp en gebou rondom die kleur geel en geluk. Vir hom is geel die kleur van geluk, sonskyn en die positiewe dinge in die lewe en by Bril streef hulle daarna om geluk te versprei aan almal met wie hulle in aanraking kom.
"My en my vrou, Natasha, se droom was, en is steeds, om Bril die gelukkigste oogkundige praktyke te maak. Ons glo in goeie diens en natuurlik dat daar koffie in die kan moet wees, by Bril is daar altyd 'n lekker vibe. Ons missie is om jou beter te laat voel, sien en lyk," sê Werner.
Bespreek jou volgende oogtoets aanlyn by www.hellobril.co.za, besoek hulle by Courtenaystraat 33 of skakel hulle by 060 946 2565 of stuur 'n e-pos na george@hellobril.co.za.
Die openingsaand was 'n reusesukses.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'