GEORGE-NUUS - Misdaad is op almal se lippe en ons hier in Eden word nie deur misdadigers oorgesien nie.
By die Trellidor-onderneming in George, by Albertstraat 55, kan huiseienaars aanklop vir ‘n reeks omvattende produkte om hul huis en eiendom te beveilig.
Met die kundige advies en sekuriteits-produkte wat Trellidor Albertstraat 55 bied, kan jy veiligheid opskerp sonder om die aantreklikheid van jou huis se aansig in te boet.
Trellidor beskik oor die agentskap vir Trellidor in die Suid-Kaap en by hulle is jy verseker van oorspronklike Trellidor-kwa-liteit wat jou die beste sekuriteit op die mark bied.
"Puik diens en topgehalte produkte is vir my ‘n prioriteit en so ook naverkopediens," sê Johan van der Merwe, die eienaar.
Trellidor is vir die afgelope 30 jaar die voorste verskaffer van sekuriteitsdeure in Suid-Afrika.
Hulle produkreeks, wat beskikbaar is in ‘n wye verskeidenheid kleure, word ook gebruik om vensters te beveilig. Deure word pasgemaak en daar kan selfs vir jou hond of kat voorsiening gemaak word as jy ‘n troe-teldierdeurtjie wil inkorporeer in jou sekuriteitsdeur.
En al is die krag af, sal jou Trellidor steeds gesluit bly.
Die onderneming verskaf ook Coroma-garagedeure wat die markleier is vir die afgelope 20 jaar. Die reeks kom in hout, aluminium of staal en kan in enige vorm en grootte gemaak word. ‘n Verskeidenheid kleure en opwip- of oopskuifdeure is beskikbaar.
Serranda-oproldeure vir industriële doel-eindes en Wispeco oproldeure word ook verskaf. Beide Serranda en Coroma se deure kan met elektriese motors toegerus word.
Volgens Johan installeer hulle op versoek van voornemende kliënte gratis elektriese garagemotors en kan die kliënt ná die tyd besluit of hulle dit wil hê of nie.
Onder dieselfde dak kan kliënte ook ‘n wye reeks blindings (vertikaal en horisontaal) bekom. Dit is in ‘n groot verskeidenheid kleure is beskikbaar. Installasie word ook gedoen.
In Junie stel Trellidor ook ‘n nuwe reeks diefwering bekend vir vensters - wees op die uitkyk daarvoor.
Trellidor Alberstraat 55 het die alleen-agentskap vir al hulle produkte vir die streek van George tot Swellendam tot in Beaufort-Wes. Kontak Johan vir ‘n gratis kwotasie by 082 820 1864 of 044 873 6707 of besoek die vertoonlokaal by Albertstraat