Sponsored Content
SAKENUUS - Vir meer as 'n eeu vorm Hoërskool Outeniqua jongmense wat gereed is om hul plek in die wêreld met selfvertroue, karakter en trots in te neem.
Sedert 1923 speel Hoërskool Outeniqua 'n betekenisvolle rol in die onderwyslandskap van George en die Suid-Kaap.
Generasies van leerders het deur die hekke van die skool gestap en deel geword van 'n trotse tradisie van harde werk, deursettingsvermoë en uitnemendheid.
By Hoërskool Outeniqua gaan dit oor veel meer as bloot akademiese prestasie. Die skool bied aan leerders die geleentheid om hul talente op akademiese, sport-, kultuur- en leierskapsgebiede te ontdek en te ontwikkel. Die doel is om elke leerder toe te rus om sy of haar volle potensiaal te bereik en met selfvertroue die toekoms tegemoet te stap.
Die skool se leuse, Nobilitat Labor (Arbeid Adel), vorm die grondslag van alles wat hier gedoen word.
Hierdie waardes word daagliks in die klaskamer, op die sportveld, op die verhoog en in die gemeenskap weerspieël.
Hoërskool Outeniqua is trots op die sterk vennootskap tussen personeel, leerders, ouers, oud-Kwaggas en die gemeenskap. Hierdie samewerking het gehelp om 'n skoolkultuur te vestig waar ondersteuning, respek en trots sentraal staan.
Die Best of George-nominasie is vir die skool 'n besondere eer en 'n bewys van die vertroue wat die gemeenskap in die Kwagga-familie stel. Dit erken nie net prestasies nie, maar ook die bydrae wat die skool reeds vir meer as 100 jaar tot die ontwikkeling van jongmense in George lewer.
Terwyl Hoërskool Outeniqua voortbou op sy ryk geskiedenis, bly die fokus dieselfde: om leerders te inspireer, geleenthede te skep en 'n blywende verskil in die gemeenskap te maak.
Hoërskool Outeniqua … Kwaggas vir Kwaliteit!
Kwagga-leerders, Blake Mahuza en Hayley Ohlson, in die fisiese wetenskapklas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’